|
Wie en Wat is Elko Rekenaars
Elko Rekenaars verskaf nie net alle Rekenaar Hardeware
nie, maar ook alles wat met rekenaars te doen het.
Ons verskaf ook Opleiding,
WEB werwe, en ander Rekenaar Hulpmiddels soos
byvoorbeeld Ononderbroke Krag Voorsieners (OKV's) (UPSses), Drukkers, Ink
en ook ander dienste soos byvoorbeel die ontwerp en installering van Netwerke,
herstelwerk aan rekenaars en rekenaar toebehore en nog vele meer.
Na Algemene Blad
Rekenaar Hardeware.
Die rekenaar toerusting wat ons verskaf, word aangekoop en opgebou, volgens
u behoeftes en spesifikasies. Wat pryse betref is ons nie noodwendig die
goedkoopste nie, maar ons glo daarin dat ons met elke Kliënt 'n lewenslange
verbintenis skep.
Aangesien ons die siening huldig, gebeur dit dan ook dat ons
Kliënte later "vriende" word.
Ons glo ook dat 'n rekenaar slegs nutteloos is, indien dit werklik stukkend
en gebreek is. Indien dit enigsins goekoper is om dit te herstel, herstel ons dit.
Ons kan egter ook rekenaars opgradeer, indien u dit sou verkies.
Al ons toerusting dra die standaard waarborge soos voorgeskryf deur die
vervaardiger van die produk. Op herstelwerk, gee ons 'n drie maande waarborg,
afhangend van wat gedoen is.
Na Bo
Opleiding.
Ons kan opleiding verskaf aan u, ongeag of u rekenaar vaardig is of nie,
en ongeag of u twintig of 80 is. Die opleiding vind plaas op die basis van 1 tot 1.
U kry dus opleiding as 'n individu en nie in 'n groep nie, en die opleiding word
ook aangepas om by u persoonlike omstandighede in te pas, en kan selfs na-ure of
op Saterdae gereël word. Indien u dit verkies, kan die opleiding ook in die
privaatheid van u eie woning geskied, en op u eie toerusting.
Opleiding word verskaf vanaf die basiese beheer van die rekenaar tot die beheer
van toepassings pakette byvoorbeeld die verskillende Office Pakette ens.
Ons verskaf opleiding in die MS produkte, asook in die "Open Source" produkte.
Na Bo
WEB Werwe.
Ons kan u van raad bedien oor die ontwikkeling van u WEB werf, en ook u
WEB werf ontwerp, en huisves, sou u dit so verkies.
Alhoewel ons enige werf sal ontwikkel en in stand hou, verkies ons om
Afrikaanse WEB werwe te ontwikkel en te bevorder. Ons kan u ook help om
'n Domein naam, of selfs 'n sub-Domein naam te registreer, of om selfs u
bestaande WEB werf na ons te laat oorplaas.
Sodoende bevorder ons ook Afrikaans as Taal.
Aangesien ons 'n BAIE bekostigbare koste struktuur het, en die koste in
Rand verhaal word, weet u presies wat u gaan betaal, en beveel ons ook
aan dat die koste jaarliks vooruit betaal word, om dit so bekostigbaar
as moontlik vir u, ons kliënt, te hou.
Na Bo
Rekenaar Hulpmiddels.
Ons verskaf hulpmiddels vir elke moontlike probleem wat u mag ondervind.
Dit sluit in drukkers, drukker ink, papier, linte, OKV's, ander hardeware
soos skerms, muise, web kameras, sleutelborde netwerk kaarte en ander
hardeware, sou u verkies om self u rekenaar op te gradeer.
Ons kan u ook voorsien van programme, vir u rekenaar, vanaf die beheer stelsel
(OS) tot by verskillende ander pakette byvoorbeeld opvoedkundige, wiskundige
en ook spesialiteits programme soos Finansiële Pakette ens.
Na Bo
Kontak ons gerus by
Bestuurder - Rekenaars
indien u navrae het, of indien u 'n gratis kwotasie verlang.
Terug na ELKO Besighede
Na Bo
|